By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 13 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Vedanta Zinc International beplan Gemeenskaps Imbizo in die Khâi Munisipaliteit
Die
gemeenskap van die Khâi Ma munisipaliteit word uitgenooi deur Vedanta Zinc
International om Gemeenskap Imbizo’s by te woon waar hulle die geleentheid het
om met die Myn, plaaslike munisipaliteit, Kontrakbesigheidsvennote en Korporatiewe
sosiale verantwoordelikheid-begunstigdes te ontmoet. Alle hoof- gemeenskapsbasisbeplanning
en Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid -begunstigdes sal deel vorm van die
Imbizo's.
Op
Woensdag, 14 Augustus sal dit plaasvind in Witbank in die gemeenskapsaal om
11:00. Op Donderdag, 15 Augustus sal dit
plaasvind op Onseepkans om 10:00 in die Melkbosrand gemeenskapsaal, 12:00 in
die Viljoensdraai gemeenskapsaal en 14:00 in die Sending gemeenskapsaal Die
doel van die Imbizo is sodat die gemeenskap hul sienings deel in terme van wat
aan hulle gerig is in terme van gemeenskapsontwikkeling en opkomende
geleenthede.
Related News