By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 21 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Health
Gesondheidsdepartement laat R1 miljoen wegspoel
Die
Noord-Kaapse Gesondheidsdepartement het 'n noodvoertuig wat meer as R1 miljoen
werd is, aan die genade van die Bosrivier naby Calvinia in die Tankwa
Karoo-omgewing oorgelaat.Die ambulans het in die middel van Julie op 'n noodgeval gereageer. Dit het toe op die onversorgde laagwaterbrug op die vervalle R355 naby Middeldrift weggespoel. Die Demokratiese Alliansie (DA) is bekommerd dat die ambulans, wat in 2020 deur LUR van Gesondheid, Maruping Lekwene, geloods is om die reaksietyd op noodgevalle in die Noord-Kaap te verbeter, bloot laat staan word sonder enige teken van enige poging om dit uit die rivierwater te red. Die DA het bevestig dat die aankoopkoste vir die 4x4-ambulans altesaam R556 512 beloop, terwyl omskakelingskoste R496 701 beloop. Die daaglikse gebruik van die ambulans bring verdere fooie van R1 229,33 mee.
Related News