Die Griekwas-rugbygemeenskap is diep bedroef oor die afsterwe van Kosie van Wyk, ’n voormalige speler wat met trots die blou trui gedra het en ’n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die unie se rugby-erfenis. Kosie word onthou vir sy indrukwekkende spel op die veld, maar ook vir sy nederigheid, vriendelikheid en die kameraadskap wat hy met almal gedeel het. Die nalatenskap wat hy laat, leef voort in die herinneringe van spanmaats, ondersteuners en die vele persone wat hy oor die jare geraak het. "Ons innige meegevoel gaan aan die Van Wyk-familie. Mag hulle troos en vrede vind in hierdie tyd van rou."