Die burgemeester van Kamiesberg, raadslid Susarah Nero, het haar diep simpatie uitgespreek ná die busongeluk wat Maandag naby Soebatsfontein plaasgevind het waar leerders betrokke was. Sy sê die veiligheid en welstand van kinders bly die munisipaliteit se hoogste prioriteit. Nero het bevestig dat daar saam met relevante owerhede gewerk word om die oorsaak van die ongeluk volledig te ondersoek. Sy het ook die vinnige en professionele noodreaksie geloof en ’n beroep gedoen dat die kinders en hul families se privaatheid gerespekteer word.