Ricardo Zebulon Simon verteenwoordig Namakwaland by die Nasionale Arts Indaba in Johannesburg. Die Indaba, aangebied deur die Nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur, vind van 20 tot 22 Januarie in die Alex Theatre se ouditorium plaas. Provinsies bespreek ’n nasionale plan vir kuns- en kultuurontwikkeling. Die fokus val op gemeenskapskunsentrums en organisasies. Die Noord-Kaapse Wetgewer het mnr. Simon aangewys om waar te neem hoe die provinsie hierby kan baat.