Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap het ouers aangespoor om ‘n rol te speel om hul kinders se veiligheid te verseker soos die 2026 akademiese jaar begin.

Dit is deel van die polisie se voortgesette pogings om ‘n veilige leeromgewing vir leerders en onderwyspersoneel by skole regoor die provinsie te skep.

Ouers word aangemoedig om teenwoordig te wees in hul kinders se daaglikse lewens, insluitend die monitering van hul sosiale media-betrokkenheid sodat hulle nie slagoffers van sekspeste word nie.

‘n Polisiewoordvoerder, konstabel Thabo Fourie, sê ouers moet ook verseker dat hul kinders se vervoer betroubaar is en dat alle veiligheidsmaatreëls gevolg word.