Die burgemeester van Richtersveld Munisipaliteit, raadslid Cornell Knoph, het by die Hamba Khaya-program van Radio NFM in Okiep met die gemeenskap gesels oor dienslewering en munisipale ontwikkeling. Hy het onder meer die Munisipale Vinnige Reaksie-span, Kommunikasieforumvergaderings en sleutelprojekte soos die McDougalsbaai-ablusiefasiliteit, baksteenwerf, parkeringplaveisel en waterinfrastruktuur bespreek. Burgemeester Knoph beklemtoon die munisipaliteit se verbintenis tot kwaliteitsdiens, infrastruktuurontwikkeling en die skep van volhoubare sosio-ekonomiese geleenthede vir gemeenskappe.