Gister het die Namakwa-distriksdepartement van Gesondheid, saam met Radio NFM, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, regeringsdepartemente, geloofsleiers en gemeenskapslede ’n gebedsessie langs die N7 gehou. Die sessie volg op die tragiese ongelukke van die afgelope naweek, en toon solidariteit met die bedroefde families. Die departement herbevestig sy verbintenis tot noodmediese dienste, regeringslykshuisdienste en mediese en geestesgesondheidsondersteuning. Deur eenheid, deernis en samewerking poog hulle om sorg en vertroosting toeganklik te maak vir almal wat dit nodig het.