Die 2025/2026-krieketseisoen vir hoërskole het dramaties afgesluit met ’n spanningsvolle kragmeting tussen Hoërskool Namakwaland en Hoërskool Concordia. Met senuwees aan flarde aan beide kante, het Concordia se laaste twee stertkantkolwers uiteindelik die knoop deurgehaak onder groot toejuiging en hoorbare sugte van verligting. Hoewel die seisoen aanvanklik moeilik begin het met swaar nederlae, het die Blou Pette deursettingsvermoë en durf getoon. Die span se oorwinning skep nou groot opgewondenheid en hoop vir nog groter suksesse in die vierde kwartaal van die skooljaar.