Die Munisipale Bestuurder van die Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit, mnr. Joseph Cloete, het gister die eerste personeelvergadering vir 2026 byeengeroep. Die burgemeester, raadslid Cornell Knoph, het personeel van Eksteenfontein, Lekkersing, Kuboes, Sanddrift, Alexanderbaai en Port Nolloth by die Port Nolloth Stadsaal toegespreek. Die vergadering het gefokus op strategiese prioriteite vir die jaar, die versterking van spanwerk tussen kantore en die herbevestiging van die munisipaliteit se verbintenis tot verbeterde dienslewering aan alle gemeenskappe in die Richtersveld.