Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het sy Algemene Raadsvergadering gehou waar strategiese beplanning en bestuur bespreek is. Aanbiedings oor langtermyn finansiƫle beplanning, vennootskappe en digitale oplossings is gelewer. Die Raad het sleutelitems aanvaar, insluitend die Ouditkomiteeverslag, Konsep GOP 2026/2027, konsepbegroting, mSCOA-padkaart, Rampbestuursplan en Modereringskomitee. Hierdie besluite bevestig die munisipaliteit se verbintenis tot goeie bestuur en verbeterde dienslewering aan gemeenskappe in die Namakwa-distrik.