Die 17-jarige Darrel Botes van Pella het onlangs op die nasionale ASA-byeenkoms in Germiston sy spoed bewys. In die 100m-finaal het hy ’n merkwaardige 5de plek behaal, wat hom een van die vinnigste o/20-atlete in die land maak.

Alhoewel hy in die 200m gediskwalifiseer is weens ’n false start, het Darrel steeds ’n bronsmedalje saam met die 4x100m-aflosspan verower. Hy sê hy is tevrede, maar fokus reeds op 2027 om sy tye verder te verbeter.

Darrel se prestasie wys dat talent selfs in Namakwa se landelike dorpe floreer – mits jong atlete die regte ondersteuning kry.