Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het ’n nuwe toevoeging tot sy span aangekondig met die aanstelling van Leon October as Assistent Projekbeampte.

Volgens die munisipaliteit word daar uitgesien na die rol wat October sal speel in die bevordering en ondersteuning van projekte binne die distrik. Die bestuur het ook hul vertroue uitgespreek dat hy ’n positiewe bydrae tot dienslewering sal maak.