Na die vrystelling van die Gesondheidsombudsman se ondersoekverslag verlede jaar, het die Departement ’n taakspan aangestel om aanbevelings by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal en die Geestesgesondheidshospitaal in Kimberley te implementeer. Die fokus is op verbeterde veiligheid en gehalte van pasiëntsorg. ’n Tegniese werkgroep het gister in Kimberley vergader om die derde kwartaalverslag te konsolideer. Die verslag sal deur die taakspan verwerk en daarna aan die Nasionale Departement van Gesondheid en die Gesondheidsombudsman voorgelê word.