Ampenare van die Nama Khoi Munisipaliteit sowel as vrywilligers het onlangs ’n sopuitreik in Vaalwater gehou te midde van die koue weerstoestande.
Gemeenskapslede het dit in goeie gees en met dankbare harte ontvang.
Volgens die organisasie was die inisiatief daarop gemik om ondersteuning aan inwoners in die gemeenskap te bied.