Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het verpleegsters in Kimberley vereer tydens ’n viering onder die tema: “Ons Verpleegsters. Ons Toekoms. Bemagtigde Verpleegsters Red Lewens.” Die geleentheid het die simboliese aansteek van die lamp en die hernuwing van die Verpleegstersbelofte ingesluit. Uitstaande verpleegsters is ook met die Marilyn Lahana- en Cecilia Makiwane-toekennings vereer. Die LUR vir Gesondheid, Nontobeko Vilakazi, departementshoof KV Phiri en ander gesondheidsleiers het die geleentheid bygewoon om verpleegsters vir hul diens en toewyding te bedank.