Die LUR vir Gesondheid, mev. Nontobeko Vilakazi, het ’n toesigbesoek aan die Warrenton Gemeenskapsgesondheidsentrum afgelê as deel van die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid se fasiliteitsassesseringsprogram. Die besoek het gefokus op dienslewering, infrastruktuur, personeelkapasiteit, die beskikbaarheid van medisyne en pasiëntervaring. Volgens die departement bied sulke besoeke ’n belangrike geleentheid om direk met gesondheidswerkers en gemeenskappe te skakel. Die departement sê die inisiatief vorm deel van pogings om ’n meer responsiewe, verantwoordbare en doeltreffende gesondheidstelsel in die provinsie te bou.