Inwoners van Leseding naby Upington in die Noord-Kaap sê hul jarelange pleidooie vir ’n plaaslike gesondheidsorgfasiliteit lewer steeds geen resultate op nie. Die landelike gemeenskap, wat hoofsaaklik uit plaaswerkers bestaan, moet tans na Raaswater of Upington reis vir mediese behandeling, ’n koste wat baie inwoners nie kan bekostig nie. Gemeenskapslede sê hulle is grootliks afhanklik van gemeenskapsgesondheidswerkers om chroniese medikasie af te lewer. Hulle doen nou ’n beroep op die regering om dringend toeganklike gesondheidsdienste nader aan die gemeenskap te bring.