Port Nolloth Hoërskool se o.15-seunsspan is verlede naweek as kampioene gekroon nadat hulle sterk vertonings in hul streekskompetisie gelewer het.

Die span het Alexanderbaai met 2-0 verslaan, voordat hulle ’n oortuigende 4-0 oorwinning teen Nababeep behaal het. Goeie afronding voor die doele en ’n stewige verdediging het tot die span se sukses bygedra.