OSK Eagles FC is as die 2025/2026 Kampioene van die Kangnas Men’s Regional League in die Namakwa-streek aangewys ná ’n suksesvolle seisoen.
Die span, onder leiding van voorsitter Ronald Strauss, het deur die loop van die seisoen sterk vertonings gelewer en konsekwent goeie resultate behaal om die ligatitiel te beklink. Die oorwinning is deur die klub en ondersteuners as ’n belangrike mylpaal vir die span en die gemeenskap van Kangnas beskou.
Die klub het hul dank uitgespreek teenoor spelers, afrigtingspan en ondersteuners wat deur die seisoen bygedra het tot hul sukses.
Met die titel agter hulle, fokus die span nou op verdere ontwikkeling en die versterking van hul posisie in streekssokker.