Die Noord-Kaapse Provinsiale Regering het Jeugdag in Victoria-Wes herdenk onder die tema "HERSTEL @50 – Die Toekoms Roep". Meer as 20 regeringsdepartemente en instellings het deelgeneem aan 'n Dienstebeurs wat dienste nader aan gemeenskappe gebring het. Jongmense het toegang gekry tot inligting en geleenthede in onderwys, vaardigheidsontwikkeling, gesondheidsorg en entrepreneurskap. Die Onhaflike Verkiesingskommissie het ook registrasiedienste vir die komende plaaslike regeringsverkiesings aangebied. Die geleentheid het gefokus op die bemagtiging van jongmense en die bou van 'n beter toekoms.