Inwoners van Okiep en omliggende dorpe ervaar steeds uitdagings met watervoorsiening, wat tot groot frustrasie onder gemeenskappe lei. 

Verskeie huishoudings het alreeds onderbrekings aangemeld wat daaglikse aktiwiteite beïnvloed. 

Volgens inligting toon die Okiep-reservoir lekkasies en was gister laas op minder as 30 persent kapasiteit gehou om waterverliese te beperk. 

’n Konsultant het die terrein besoek en ’n interne inspeksie moet eers voltooi word, voordat ’n finale verslag en herstelplan voorgelê kan word. 

Die reservoir voorsien water aan Carolusberg, Concordia en Nababeep. 

Herstelwerk sal so beplan word dat onderbrekings tot die minimum beperk word, terwyl verdere besonderhede later bekend gemaak sal word.