Die Oranjerivierstelsel, wat ook ’n belangrike waterbron vir Namakwa is, het dié week ’n vlak van 99,6% bereik.
Volgens die Departement van Water en Sanitasie het die Noord-Kaap se totale waterberging egter effens gedaal van 86% verlede week tot 84,7% hierdie week.
Metings langs die Oranjerivier toon ’n vlak van 1,314 meter by die Vioolsdrif-brug, 0,933 meter by Sendelingsdrif en 0,601 meter by Onseepkans.
Die departement doen ’n beroep op watergebruikers om water verantwoordelik en spaarsamig te gebruik.