Hoërskool Concordia is trots op skaakspelers Kate-Lynn van Rooi, Alvirno Cardinal en Dwayne Saal, wat onlangs aan die Northern Cape Closed Championship in Kathu deelgeneem het. Van Rooi het besonder goed gevaar en gekwalifiseer vir die Nasionale Skaakkampioenskap, wat van 13 tot 19 Desember in Bloemfontein plaasvind. Sy is een van slegs twee o.18-dogters uit Namakwa wat gekwalifiseer het. Altesaam 21 Namakwa-spelers het vir die nasionale kampioenskap gekwalifiseer. Die skool bedank ook juffrou September van Namakwa Skaak vir haar ondersteuning.