Namakwa Distrik Gesondheid neem deel aan die vyf-dae lange Rapid Response Team Advanced Training Program (RRT ATP) in Upington. Die opleiding word deur die Nasionale Departement van Gesondheid aangebied in vennootskap met die Wêreldgesondheidsorganisasie, Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad, Clinton Health Access Initiative en Beheer van Oordraagbare Siektes. Die opleiding fokus op die vroeë opsporing en doeltreffende hantering van openbare gesondheidsbedreigings, insluitend pandemies, natuurrampe en ander gevare.