Okiep Sop Kombuis het spreek haar opregte dank uit teenoor Lovers & Friends vir hul ruim donasie. Die organisasie sê die ondersteuning van besighede wat ’n hand uitreik en by die gemeenskap betrokke raak, help om hul deure oop te hou en ’n verskil te maak in die lewens van mense wat ondersteuning nodig het. Okiep Sop Kombuis bedank Lovers & Friends vir hul omgee, vrygewigheid en waardevolle bydrae tot die gemeenskap.