Die Matjieskloof-kliniek in die Namakwa-distrik het ’n skoolgebaseerde inentingsveldtog by Matjieskloof Intermediêre Skool vir Graad 5-leerders aangebied. Die Tdap-entstof, ’n booster teen tetanus en difterie, is toegedien om leerders teen voorkombare infeksies te beskerm. Die kliniek het ook ’n gesondheidsopvoedingsessie aangebied met fokus op MIV-voorkoming en Vrywillige Mediese Manlike Besnydenis (VMMC). Die veldtog vorm deel van die HPV- en Tdap-inentingsprogram en is daarop gemik om gesondheidsbewustheid onder jongmense te versterk.