Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, OVK, sê daar is ’n skerp toename in die aantal kandidate en politieke partye in die Noord-Kaap, vergeleke met 2021. Volgens die OVK sal 4 347 kandidate van 54 politieke partye, asook 13 onafhanklike kandidate, aan die verkiesing deelneem. Die provinsie het 736 stemlokale wat oor uitgestrekte gebiede versprei is.