Die Richtersveld-munisipaliteit het vir die tweede agtereenvolgende keer Blouvlag-loodstatus vir McDougall’s Bay ontvang. Happy Valley is ook met Green Coast-status bekroon. Die prestasies is bereik met ondersteuning van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, WESSA, Conservation South Africa en ander rolspelers. Die munisipaliteit sê die erkenning sal bydra tot die bevordering van toerisme, verantwoordelike omgewingspraktyke en veiliger fasiliteite. Die munisipaliteit het alle betrokkenes bedank vir hul ondersteuning en samewerking met die inisiatiewe.