Die VG Kerk Concordia en kerke in omliggende dorpe het hul eredienste aan die Matriekklas van 2026 gewy. Onder die tema “Wanneer ons ontrou is, bly God altyd getrou”, het ds. Terblanche ’n bemoedigende boodskap uit Eksodus 32 gelewer. Hy het Hoërskool Concordia matrikulante aangemoedig om hul gawes te benut, deeglik vir hul eindeksamens voor te berei en op God te vertrou. Die diens is afgesluit met gebede vir leerders en ouers. Die geloofsgemeenskap het sy volgehoue ondersteuning aan matrikulante bevestig.