Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling beplan om Woensdag, 21 Oktober, Welsynsmaand saam met inwoners van Steinkopf van 60 jaar en ouer te vier.

Die byeenkoms vind vanaf nege-uur die oggend by die Steinkopf-gemeenskapsaal plaas.

Volgens die departement word belangstellende bejaardes versoek om hul identiteitsdokumente na die plaaslike kantoor van Maatskaplike Ontwikkeling te bring of dit aan die kantoor te stuur.