Twee leerders van Hoërskool S.A. Van Wyk, Conwill Cloete en Ruwayne van Zyl, het aan die Jakes Gerwel-stigting se skryfskool in Kimberley deelgeneem. Die geleentheid, aangebied in samewerking met die Sentrum vir Kreatiewe Skryfkunde en Afrikatale aan die Sol Plaatje-universiteit, het jong skrywers en digters die geleentheid gebied om hul talent te ontwikkel. Cloete het boonop die toekenning vir Belowende Jong Skrywer ontvang. Die skool het albei leerders gelukgewens en die organiseerders bedank vir hul belegging in jong kreatiewe talent.