Hoërskool S.A. van Wyk se Graad 9-leerders staan voor ’n belangrike besluit oor hul vakkeuse vir Graad 10 in 2027. Die skool sal vanjaar sy vakkeuse-inligtingsessie virtueel aanbied deur middel van video’s wat leerders en ouers op hul eie tyd kan besigtig. Daarna kan die aanlyn vakkeusevorm voltooi word. Die video’s en skakels sal binnekort gedeel word. Alle vorms moet teen 27 November 2026 ingedien word.