Hoërskool SA van Wyk se leerders is reeds halfpad deur die 2026-jaareindeksamen. Die skool moedig die Rooikatte aan om gefokus te bly, hul beste te lewer en nie moed op te gee nie. Ouers word ook bedank vir hul ondersteuning, aanmoediging en geloof in hul kinders gedurende hierdie belangrike tyd. Die skool beklemtoon dat elke poging en uur se voorbereiding leerders nader aan hul doelwitte bring, met die boodskap: Een span, een doel, een Rooikat-familie!