Die Hantam Munisipaliteit het op 18 November 2026 saam met die Nasionale Loterykommissie (NLC) ’n inligtingsessie by die Calviniabiblioteek aangebied. Verteenwoordigers van NPO’s, NPC’s en skole het inligting ontvang oor beskikbare befondsingsgeleenthede, aansoekprosesse en vereistes. Die inisiatief is daarop gemik om plaaslike organisasies en skole se toegang tot hulpbronne te verbeter en gemeenskapsontwikkelingsprojekte te bevorder. Die munisipaliteit beklemtoon sy verbintenis tot volhoubare plaaslike ontwikkeling.