Die departement Maatskaplike ontwikkeling het gister die humanitêre noodlenigingspoging in Paulshoek, in die Kamiesberg munisipaliteit, voortgesit. Die idee was omte klop en af te lewer, maar sommige gemeenskapslede het by die saal bymekaargekom. Die ouer en verswakte persone se pakkies was by die huis afgelaai. 132 huishoudings het hul kospakkies ontvang met slegs 14 uitstaande. Dit sal vandag oorhandig word wanneer daar na Nourivier gegaan word om na raming 140 huishoudings van kospakkies te voorsien en sal tuis afgelewer word.