Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (ICASA) is die amptelike reguleerder van die Suid-Afrikaanse kommunikasie-, uitsaai- en posdienstesektore. Hul ontwikkel regulasies vir hierdie sektore, reik lisensies uit aan telekommunikasie- en uitsaaidiensverskaffers, monitor die lisensiehouer se voldoening aan reëls en regulasies, beplan en bestuur die radiofrekwensiespektrum, en beskerm verbruikers teen onbillike sakepraktyke en dienste van swak gehalte.Die skakel beampte van Icasa, Bulti Louw is tans op besoek aan die Namakwa distrik en het tydens 'n onderhoud p Nfm gesê dat die gemeenskapsradiostasie voldoen aan die regulasies van ICASA.