Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit deel die jongste ontwikkelinge met betrekking tot verskeie projekte en padwerke in die munisiplaiteit. Die Boorgat- projek te Komaggas is afgehandel, alhoewel daar aangemeld was van ‘n KG4-pomp wat onlangs stukkend geraak het. Die padwerke in Buffelsrivier is aan die gang en is gister afgehandel. Na die voltooiing van die Buffelsrivier-paaie sal die masjinerie na Komaggas ontplooi word om die padwerke daar aan te spreek. Daar was gister gewerk aan die Carolusberg- Fonteintjie- paaie om dit te herstel en op te knap.Vandag sal daar skrapingswerk gedoen word aan die Bergsig en Vaalwater- paaie, Steinkopf se paaie sal vanaf 19 – 20 Julie geskraap word.