Nfm luisteraars maak harte oop

"Nfm se teiken met die veldtog is R80 000 en om dit teen die einde van April te bereik om die seinverspreidings-, operasionele en finansiele verpligtinge van die radiostasie na te kom."

0

Maandag 26 April kon die personeel by Radio NFM in Okiep, Namakwaland trots terugkyk  na die opbrengs van die Blikskutprojek om fondse in te vorder vir die voortbestaan van die radiostasie.

Radiobestuurder, Brunhild Strauss vertel : ”Ons personeel het onmiddellik ingekoop by hierdie insiatief weens die effek van die KOVID-19 pandemie op  Radio NFM se daaglikse operasionele kostes om op die lug te bly.”

Verlede naweek was ‘n bedrag van R36 600 ingesamel met die blikskutprojek en huidiglik staan die fonds op R52 000.

Nfm se teiken met die veldtog is R80 000 en om dit teen die einde van April te bereik om die seinverspreidings-, operasionele en finansiele verpligtinge van die radiostasie na te kom.

Die direksie, bestuur en personeel spreek hul opregte dank uit teenoor elke luisteraar en radiovennote wat ‘n bydrae gelewer het en nog gaan lewer ten opsigte van Radio Nfm se Blikskut fondsinsamelingsprojek.

Van die blikke is by verskeie ondernemings geplaas en  luisteraars kan verder hul finansiële bydrae daarin plaas.

Die logo van Radio NFM is op die blikke aangebring wat deur die omroepers hanteer sal word.

Luisteraars word gevra om versigtig te wees en nie in enige ongemerkte blik geld in te gooi nie.

Vir verdere navrae kan u Radio Nfm skakel by 027 744 1610.

 

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.