Nfm maak harte en magies warm met jaarlikse winter uitreikprojek

"Bydraes kan afgelewer word by die kantore van Radio Nfm in Okiep."

0

Die jaarlikse Winteruitreikingsprojek, Soupdrive van Radio Nfm, is in volle swang.

‘n Koue winter word voorspel vir die Namakwaland.

Met hierdie uitreikingsprojek het Radio Nfm oor die afgelope paar jaar harte en magies warm en vol gemaak. 

Die projek het ten doel is om terug te gee aan die gemeenskappe binne die Namakwa-distrik.

Met hierdie veldtog neem Nfm die radio na sy luisteraars in verskillende dorpe.

In 2020 was sowat 36 dorpies bereik.

Die Soupdrive kan nie sonder die hulp en ondersteuning van die luisteraars gedoen word nie.

Daarom maak die radiostasie weer staat op die gemeenskap, besighede, en ander rolspelers vir enige bydraes in die vorm van nie-bederfbare produkte, kruideniersware en finansiële bydraes.

Bydraes kan afgelewer word by die kantore van Radio Nfm in Okiep.

Die pesroneel van Nfm  sal ook skenking by luisteraars se wonings gaan afhaal.

Vir verdere navrae tot hierdie  veldtog, kontak Radio Nfm se kantore by 027 7441610.

Alle KOVID-19 maatreëls sal handhaaf en in plek wees met die uitreikingsveldtog.

Leave A Reply

Your email address will not be published.