NFM-omproepers genomineer vir Northern Cape Awards!

0

Die Noord-Kaap provinsie is tans besig om geskiedenis te maak, met hul eerste “Northern Cape Awards”, wat op 15 Desember vanjaar gaan plaasvind.

Die glans-toekenningsgeleentheid was wyd op verskeie sosiale media platforms versprei en geadverteer.

Die provinsie se grotes in alle industrieë, was in verskeie kategorieë genomineer en die stemproses het alreeds begin.

“Die plaaslike gemeenskapsradio-fenomeen, Radio NFM 98.1 en twee van haar omroepers het loshande, altesaam drie nominasies verwerf.”

Radio NFM is genomineer in die kategorie; BEST COMMUNITY RADIO STATION.

Stem vir NFM, deur die nommer ‘129’ te SMS na 37486.

Foto: Verskaf

Richard “MrLaReeRee” Theron, die aanbieder van NFM se ontbytprogram, GetUpAndGo is genomineer in die katogorie; BEST RADIO PRESENTER.

Stem vir Richard, deur die nommer ‘138’ te SMS na 37486.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Marsilino “LaPont” MacDonald, ‘n omroeper en nuusleser by NFM, is genomineer in die katogorie; BEST RADIO NEWSREADER.

Stem vir Marsilino, seur die nommer ‘144’ te SMS na 37486.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die glansgeleentheid sal deur die gesogte Gail Mabalane en beroemde IdolsSA-aanbieder, ProVerb aangebied word.

Foto: Verskaf

Die genomineerdes kwalifiseer ook vir die PREMIER’S AWARD.

“Enige genomineerde wat die meeste aantal stemme ontvang, staan die kans om ’n splinternuwe motor te wen.”

Foto: Verskaf

Daar is nog vele ander kategorieë en gemeenskapslede word aangemoedig om vir hul gunstelinge te stem.

Alle SMS’e kos R2 en geen gratis SMS’e is van toepassing nie.

Termes en voorwaardes geld.

Leave A Reply

Your email address will not be published.