NFM-Omroeper verhuis terug na sy Skepper

0

Dit is met diepe hartseer dat Radio NFM 98.1 vandag verneem het van die afsterwe van Johannes Beukes, beter bekend as, ‘Oom Ysterman’.

Oom Ysterman het vanoggend sowat half nege die tydelike met die ewige verwissel.

Oom Ysterman was ‘n welbekende komediant en storieverteller op die NFM klankgolwe, asook in die breë gemeenskap van Namakwaland.

Vanaf ‘n jong ouderdom, was hy alreeds baie lief vir teater en die kunste.

In ‘n video op YouTube verklap hy dat hy as ‘n “baie stout, skreërige tjeend” bekendgestaan het.

As gevolg van sy “skreërigheid”, was hy as Ystertjie gedoop en het later bekendgestaan as Ysterman.

Hy was bekend vir dramas wat hy self geskryf en opgevoer het.

“Hy het sy nasionale bekendheid verwerf, nadat die video oor “Bêrendjie – Die gebed vir ‘n Nama-seun” opslae gemaak het.”

Sy reis op die NFM klankgolwe het begin in die Braaivleisstories-program .

Baie jare daarna het hy tesame met Oom Johnny Farmer, ‘In die Kookskerm’ ingeskuif, en skaterlag-vermaak aan Namakwaland verskaf.

Oom Johnny beskryf hom as ‘n “Vaderfiguur” vir al die ooms op die program.

“Hy het sy mede-omroepers baie respekteer en kalmeer as probleme opduik.

Hy was ‘n positiewe mens en een van die beste storivertellers wat Namakwaland ooit opgelewer het.”

Wanneer daar gedink word aan die lewe van die 81-jarige Oom Ysterman, kom die skrif op in gedagte: 2 Timoteus 4:7 “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.”

Mag Oom Ysterman se siel in vrede rus.

Leave A Reply

Your email address will not be published.