NFM se Blikskutidee ‘n GROOT sukses

"Vir die volgende 3maande gaan NFM fokus op ‘n advertensieveldtog om besighede, klein en groot, op die frekwensie van Nfm radio te kry – die betroubare stem van die Namakwa mense"

0

Die Blikskutfondsinsamelingsprojek van Radio Nfm 98.1 het met ‘n blote idee begin en gelei tot ‘n aksie wat groot sukses gelewer het vir die gemeenskapsradiostasie.

Hierdie insitiatief het getroue luisteraars die geleentheid gebied  om hul gunsteling omroepers te kon ontmoet wat daagliks op die frekwensie van Nfm uitsaai en luisteraars, inlig, opvoed en ophef.

Die verwagte teiken bedrag van R80 000.00 was oorskry, met ‘n surplusbedrag van R97 000.00.

Hierdie fondse het ten doel om die radiostasie  se seinverspreidings- en operasionele kostes te dek.

Radio Nfm het haar deure ge-open op 17 November 2003.

Die stasie het met ‘n maand tot maand lisensie uitgesaai en het die afgelope 12 jaar ‘n permanente uitsaailisensie.

Radiobestuurder, Brunhild Strauss sê : ”Die doel van die gemeenskapsradiostasie is om op te voed, bemagtig, vermaak en mense te bemagtig.

 

Die personeel van Nfm bestaan uit 33 persone, waarvan 13 permanent is en 20 vryskutomroepers is.

In 2014 het Radio Nfm deel geneem aan die MDDA-Sanlam se jaarlikse mediatoekennings, waarvan Radio Nfm as wenner van die kompetisie weggestap het.

Oor die jare heen was baie mense deel van Nfm onder andere Lyntjie Jaars, wat as Drive-Time omroeper deel van Nfm was en tans een van KLOP se veldaanbieders is op KykNet.

Deesdae doen sy produksie werk en is ook betrokke by RSG.

Huidiglik is Renè Cloete ‘n intern betrokke by NFM onderleiding  van nuusredakteur ,Bernadine Hearn.

Cloete is tans besig om joernalistiek te studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Die ontbytprogram-omroeper, Richard Theron, was onlangs te sien in die skoonheidsprogram Wraak my mooi en huidiglik ook te sien op Musiek Roulette op SABC 2.

Behalwe uitsaai as radiostasie het die Radio NFM inderdaad baie bygedra tot opheffingswerk in die breër Namakwaland en die grondslag vir baie mense se loopbane gelê.

Die onlangse sukses met die blikskit bewys inderdaad luisteraars se lojaliteit teenoor radio NFM.

Vir die volgende 3maande gaan NFM fokus op ‘n advertensieveldtog om besighede, klein en groot, op die frekwensie van Nfm radio te kry – die betroubare stem van die Namakwa mense.

Leave A Reply

Your email address will not be published.