NFM ‘Soupdrive’ lewer soppakies af met liefde

"Radio Nfm se jaarlikse winter SOUP DRIVE is ook ‘n fondsinsamelingspoging om die radiostasie se operasionele uitgawes te dek."

0

Met die aanvang van die winterprojek van Radio Nfm se ‘SoupDrive’ is tot op hede 11 soppakies afgelewer by sopkombuise in die areas of by die mammas in die straat wat ‘n pot sop kan maak.

Pakkies was onderskeidelik afgelewer in Concordia, Skietbank, Bergsig, Okiep, Rooiwinkel en Kouroep, deur Ricardo Kermis en Ricardo Simon.

Nic Jooste, ‘n skenker vanaf Holland betrokke by  projek ‘Books & Balls’ het die pakkies moontlik gemaak.

Kermis was in 2010 Holland toe vir ‘n projek en het so kontak met Jooste gevestig.

Kermis het vanaf die Wes-Kaap verhuis na die Noord-Kaap, waar hy destyds verbonde was aan die Stars in the Eyes-projek.

Radio Nfm se jaarlikse winter SOUP DRIVE is ook ‘n fondsinsamelingspoging om die radiostasie se operasionele uitgawes te dek.

Dit kan nie sonder borge, vennote, die publiek en die getroue luisteraars gedoen word nie.

Tydens die veldtog word nie-bederfbare produkte, warm komberse en ‘n kontant bydrag van ‘n minimum van R20 000.00 vir logistieke, brandstof en administratiewe uitgawes benodig.

Donasies kan direk in die NFM se fondsrekening betaal word of kontant kan by die radiostasie se kantore inbetaal word gedurende kantoorure.

Daar kan ook gebruik gemaak word van Nfm se ZAPPER platvorm of die Bank rekening nommer van Radio NFM, Rekening nommer : 082377618 Standard Bank, Springbok Tak.

Geen Soupdrive lyste asook NFM se Blikskut is in die omloop nie.

Rapporteer asseblief fondsinsamelings wat verdag lyk by Radio NFM kantore 0277441610 of vir enige navrae.

Leave A Reply

Your email address will not be published.