NFM-stasiebestuurder vier ‘n splinternuwe lewensjaar!

0

Vandag vier die stasiebestuurder by Radio NFM 98.1, Brunhild Strauss sy 52ste verjaarsdag.

Strauss is ‘n parapleeg en is veral gefokus op hoe belangrik ondersteuning is om mens se lewenspotensiaal te maksimeer.

Hy woon tans op Matjieskloof en is baie betrokke as ‘n gemeenskapsleier, in die Namakwa-streek.

‘n Bestuurslid by NFM, Rose Ciko se kort toespraak, by vanoggend se klein, intieme vieringe, was oorlaai met danksegging en seënwense.

Strauss word ook beskou as ‘n aktivis vir persone met gestremdhede, en is ook een van NFM se mees gesoute omroepers.

“Hy dra liefdadigheid baie na aan sy hart en sal altyd ‘n helpende hand uitsteek, veral daar waar hy sien dat hy kan help.”

Personeellede by NFM beskou hom as ‘n inspirasie en rolmodel.

Hiermee wens NFM-nuus hom ‘n gelukkige, geseënde en vreugdevolle jaar toe.

Luister na Strauss op NFM, regstreeks elke Maandagaand op NFM-Ooplyn, net na die sesuur nuus, en Woensdae op Gestremde en Bejaarde sake, net na die eenuur nuus.

Leave A Reply

Your email address will not be published.