NFM Studios word opgegradeer!

0

RadioNFM 98.1 vier diè jaar sy 18de bestaansjaar en daarmee saam kry die radiostasie ’n “make-over!.”

Richard Theron, wat al jare betrokke by Nfm is, vertel dat die radiostasie heel onder begin het.

“Toe NFM in 2003 sy deure oopmaak het ons nog nie eers op rekenaars gewerk nie,” vertel Theron.

“Ons het begin met kasette en CD’s,” vertel hy.

Soos die jare aangegaan het, is daar nuwe sagteware begin gebruik, wat ook intussen redelik baie probleme gegee het.

Fabian Carroll, tegniese koördineerder, vertel dat dit hoogtyd was vir hierdie “make-over.”

“Nuwe sagteware, Jazler, is geïnstalleer en NFM se “branding” gaan deel uitmaak van die nuwe ateljees,” vertel Carroll.

Die nuwe ateljees sal ook gebruikersvriendelik wees vir persone met gestremdhede, soos die “mixer” wat braille op sal het en dit sal rolstoel vriendelik wees. 

Programme sal egter aangepas word op ’n daaglikse basis, alhoewel alles sal so ver as moontlik soos normaal verloop.

Leave A Reply

Your email address will not be published.