NK Covid-19 sterftes steek die 400-kerf verby

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het ‘n bykomende 80 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die provinsie, op 26 095 te staan.

“14 Addisionele sterftes is ook in die provinsie bevestig, wat die kumulatiewe Covid-19 verwante dodetal op 412 te staan bring.”

In die Nama Khoi regsgebied is sewe nuwe gevalle bevestig, wat die aantal positief bevestigde gevalle op 1 004 te staan bring.

437 Persone het alreeds genees van die virus, en 10 persone het omgekom weens die koronavirus.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 557 aktiewe gevalle van Covid-19.

 

Die Namakwa distrik het tot op hede 1 582 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

13 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 882 aktiewe Covid-19 gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.