NK moet hul eie vroue helde vereer

"Thomas het inligting gedeel oor die lesing van Ouma Katriena wat op vrouedag deur die Premier van die Noord-Kaap Dr. Zamani Saul waargeneem is."

0

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het ‘n program vir vrouemaand geloods, het die distrikshoof van die  departement in die Namakwa-distrik, Avron Thomas gesê.

Hierdie program word gedryf deur die uitvoerende burgemeester, Mervin Cloete se kantoor in die Namakwa-distriksmunisipaliteit.

Die week van 9 -13 Augustus 2021 sal die LUR vir Sport Kuns en kultuur, Desery Fienies, asook die LUR vir Onderwys, Mnr Zolile Monakali die Namakwa-distrik besoek.

‘n Paar skole was ook geidentifiseer waar besoeke  afgelê sal word met die  fokus om matrikulante te motiveer.

Sportuitrustings vir skole en formele klere sal aan behoeftige leerders oorhandig word

Sanitêre doekies sal ook aan die dogters oorhandig word.

Voedingskemas sal in verskillende gemeenskappe met voorraad voorsien word om verligting te bring.

Bentley Vass, LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersetting en Tradisionele Sake, gaan ook  besoek aflê aan die distrik, wat soortgelyke programme sal uitrol.

Thomas het inligting gedeel oor die lesing van Ouma Katriena wat op vrouedag deur die Premier van die Noord-Kaap Dr. Zamani Saul waargeneem is.

“Ons is geneig om na internasionale helde op te kyk, terwyl ons helde binne-in ons gemeenskappe het onder andere Ouma Katriena Esau van Upington, wat ‘n taalvegter is. Sy het dit die afgelope jare haar werk gemaak om die N!uu taal vir die kinders aan te leer en te versprei so ver as moontlik en sy is een van die aktiviste wat probeer om die inheemse taal as ‘n nasionale taal te veklaar”, het Thomas gesê.

Die lesing oor ouma Katrina Geelmeid se lewe wat op vrouedag aangebied was het gehandel oor die voorbeeld wat sy stel, om ons dogters te wys dat jy  iets in jou lewe belangrik maak en daarna nastreef, wat ten bate is nie net vir jouself nie, maar vir jou hele gemeenskap.

Die klem is om ons plaaslike heldinne te vereer, die department hoop om elke jaar persone te identifiseer en dat die volgende heldin uit Namakwaland sal kom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.