NK onderwysdepartement handel plasings af

0

Die Noord-Kaapse departement van onderwys is hard besig om alle uitstaande plasings van leerders in skole, vir die akademiese jaar 2021 af te handel.

Tot op hede het die departement 22 601 plasings aan ouers uitgereik, waarvan 37,3% die plasings suksesvol aanvaar het.

Die departement sal alle uitstaande plasings vir ouers of wettige voogde, voor of op Vrydag, 08 Januarie 2021 uitreik.

Ouers moet die aanbiedinge op die www.ncdoeadmissions.org webwerf voor of op 15 Januarie 2021 aanvaar of van die hand wys.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe het gesê die departement sal ‘n periode van sewe dae aan ouers toestaan om dit te doen, en daarna sal oorblywende leerders geplaas word in skole.

Die aanlyn toelatingstelsel sal vanaf 11-18 Januarie 2021 oop wees, vir ouers wat nog nie aansoek gedoen het nie.

Laat toelatings sal volgens die first come, first serve – basis behandel word.

“Die departement sal instapsentrums in elke distrik gebruik om ouers te help met hul aanlyn-aansoeke, sowel as ouers wat hul plasingsaanbod wil aanvaar of van die hand wil wys.”

Die instapsentrums sal vanaf Maandag 11 Januarie 2021 in werking wees.

Ouers wat aansoek doen vir laat toelatingsaansoeke, moet hul plasingsaanbod op of voor Maandag, 25 Januarie 2021 aanvaar of van die hand wys.

Met ouers en voogde se samewerking, kan  alle leerders geplaas word voor die akademiese jaar van 2021 op Woensdag, 27 Januarie 2021 begin.

Van der Merwe, doen ‘n beroep op alle ouers wat verkies om van die  instapsentrums gebruik te maak, om aan die COVID-19 regulasies en riglyne te voldoen.

Alle instapsentrums sal voldoen aan die gesondheids- en veiligheidsprotokolle van die COVID-19-pandemie.

Ouers wat toegang tot die aanlyn-opnamewebwerf vanaf hul huis het, moet dit doen in plaas daarvan om die instapsentrums te besoek.

Die department is afhanklik van die samewerking van alle ouers en skoolgemeenskappe vir die vlot verloop van die begin van die akademiese jaar 2021.

Leave A Reply

Your email address will not be published.