NK onderwysdepartement werk onverpoosd aan leerderplasings vir 2021

Skole heropen volgende week Maandag, 15 Februarie vir leerders.

0

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap is steeds besig met leerderplasings vir die 2021 akademiese jaar.

Die departement het gesê hy beplan om teen voor die einde van die week, alle plasing te finaliseer.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe het bevestig dat die appèlproses gelyktydig met die afhandeling van laat aansoeke hanteer word.

“Ons beplan om teen Donderdag, 11 Februarie alle ouers en voogde in kennis te stel oor die uitkoms van hul aansoeke.”

Van der Merwe het bygevoeg dat baie ouers alreeds terugvoering van die departement ontvang het.

Die departement se disktrik kantore het gister ‘n toeloop van ouers en voogde ervaar.

“Ouers en voogde is egter ongeduldig en wil weet of hul kinders al geplaas is en waar.”

Skole heropen volgende week Maandag, 15 Februarie vir leerders.

Leave A Reply

Your email address will not be published.